testandersMeeste 16 jariges kan nie wag om hulle droom-maat te ontmoet nie, maar Wynand en Lindi Delport het albei reeds op 16 sterre in hulle oe gekry wanneer mens praat van musiek en daarom het hulle reeds op die jong ouderdom geweet dat hulle pasmaats is, toe hulle mekaar op ‘n kerk kamp ontmoet het. Wynand het op 17 reeds sy eerste musiekreggiseur pos logeslaan by Charis gemeente in Pretoria en hier het hy en Lindi al begin saam sing.

Albei gaan studeer later aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Wynand, Jazz Guitar, aangesien hy toe reeds ‘n UNISA Graad 8 klaviereksamen geslaag het en ook orkesleier met Trompet in die hand was. Lindi, Musiekteater waar sy opleiding in sang, dans en drama ontvang het. Lindi het later verder gaan leer by Shareen Swart se drama skool, PALI (performance and lifestyle institute) waar sy die hoofrol in verskeie produksies gespeel het, onder andere ‘n musical “No Service please” in die staatsteater.

Alhoewel albei vryskut werk begin doen het in hulle spesifieke velde, het albei saam met die gewilde Louis Brittz begin optree in produksies van verskilende formate, alles van klein plattelandse gemeentes, TV programme soos Kwela tot Loftus vir Jesus met ‘n gehoor van 71000 mense.

Gedurende sy tyd by Charis kerk, het Wynand ‘n groep begin met die naam Daypoem. Daypoem se eerste CD “Surviving Humanity is in 2007 vrygestel, en een van die liedjies “Rising Son” het nommer 3 op Radio Rippel se top 10 behaal. Dis dan ook in 2007 dat Wynand en Lindi die knoop deurhaak en Mnr. en Mev. Delport word.

Lindi was ook onder andere aanbieder van Pedaling Pilgrims, op SABC2. Sy doen ook voice over werk vir Supersport en Kyknet, terwyl Wynand in studio werk saam met kunstenaars soos Heinz Winkcler, Retief Burger, Louis Brittz, Freda Francis en Wanda Bam.

 

 

Latest Album Link:

try