brandIan en Jana Nieuwenhuizen het mekaar in 2003 in die aanbiddingspan by Doxa Deo, Brooklyn ontmoet.

Musiek en aanbidding  was nog altyd deel van die gom wat die twee aan mekaar bind.  Ian het musiek studeer aan OAC (Original Art Company -  wat ‘n afdeling van Doxa Deo was) en is vir die grootste gedeelte van sy lewe betrokke in aanbidding in die plaaslike gemeentes waar hy groot geword het en het hy ook nog altyd as tweede natuur liedjies geskryf.Hy is ‘n visionêre dromer en droom gereeld oor nuwe innoverende projekte ter uitbreiding van die koninkryk.

Ian het in 2005 ‘n projek geïnisieer genaamd “The David Project” wat die doel voor oë gehad het om jong aanbiddingsleiers ‘n kans te gee om hulle musiek professioneel op te neem en om die musiek dan te versprei.

Kort nadat hulle in 2006 getroud is, het hulle ‘n beroep aanvaar na ‘n klein dorpie in die Noord-Wes provinsie genaamd Schweizer-Reneke.  Dit is in hierdie seisoen van hulle lewe wat hulle musiek, asook ander aspekte van hulle bediening, vlerke gekry het.

Alhoewel Jana ‘n Arbeidsterapeut van beroep is, het sy haar hele hart in die bediening ingegooi en saam het Ian en Jana begin bou aan ‘n bediening met verskillende fassette.

Hulle eerste album “Eenvoud” is in 2009 uitgereik en in opdrag van die Here het hulle die album gratis versprei.  Ian het ook intussen ‘n liefde vir multi-media en film ontwikkel en begin om hierdie talent in te span vir die koninkryk.  So het hy begin getuienisfilms maak oor stories van hoe God mense se  lewens verander het.  ‘n TV reeks genaam GETUIG is hieruit gebore en is op ASTV uitgesaai.

Met die maak van hulle tweede album, “Kom Nader” wou Ian as uitvoerende regisseur beide die visuele en vars klanke waaroor hy so passievol is, integreer.  Met dit ingedagte, het die beplanning vir die DVD wat saam met die album uitgereik is, begin.

Ian en Jana bestempel hulle musiek as eenvoudig, maar vars.  Hulle wens is dat jy sal kom net soos wat jy is en God sal vind in die eenvoudige dinge van die lewe.  Hulle droom is dat Brandpunt nie net ‘n aanbiddingsgroep sal wees nie, maar dit ‘n aanbiddingsbeweging sal wees wat die vuur en passie vir die Here deur verskei media in Suid-Afrika sal versprei.

Buiten musiek en films is hulle ook passievol oor die huwelik en intimiteit en Jana bedien per geleentheid vrouens oor hierdie onderwerpe.

Hulle het drie kinders  - Lea, Joshua & Emma.

Social media:

http://www.facebook.com/brandpuntmusiek

http://www.twitter.com/brandpuntmusiek

 

Latest album Link:

 

kom nader