vanBreek uit is Van Wyk se debuutalbum en die naam se dit alles. Van Wyk is juis onder sy vriende bekend as die man wat leef met die filosofie “Life begins at the end of your comfort zone” en die album is in elke opsig getrou aan die einste filosofie.

Breek uit daag elkeen uit om nuut te dink en buite hulle gemaksone te beweeg en sodoende nuwe hoogtes te bereik. Die lirieke daag jou uit om op te hou droom en daadwerklik te begin doen. Wanneer drome dade word, is die wereld waaroor ons (in Christus) droom baie naby aan realiteit.

Nie net die tema en lirieke verskuif paradigmas nie, maar ook die musiek is vars en lekker luister klanke. Dit klink egter soos niks wat jy al voorheen in Afrikaanse Christelike musiek gehoor het nie.

Maak jouself reg vir ‘n nuwe belewenis en moet beslis nie hierdie buitengewone album mis nie.

 

 

 

Latest Album Link:

g