butchncerNeil is op 20 Maart 1975 gebore en het op ‘n plaas naby Paterson in die Oos Kaap groot geword.  Sy ouma Hazel het Sondae die orrel in die dorp se kerk gespeel en sy ma Louise het gereeld orrel in hulle huis op die plaas gespeel.  Die musiek gogga het hom dus al van kleins af gebyt en hy het as jong seun soms by ouetehuise gaan optree met David Kramer liedjies, sy eie blik kitaar, middelpadjie in die hare en rooi velskoene!

 

Neil was ’n skolier by Grey Hoërskool in Port Elizabeth en hier het hy twee goed geleer waaroor hy vandag nog  dankbaar is: 1) hy het leer Engels praat en 2) hy het leer kitaar speel. Dit was eers later wat ‘n vriend, Alex Foster, hom op Stellenbosch Universiteit oortuig het dat hulle saam ‘n liedjie moet skryf – iets wat hy toe geglo het hy nooit sal kan doen nie.  Hulle eerste liedjie was gebore in ‘n koshuiskamer in Huis Marais en die res is geskiedenis.  Hy en Nellis van Zyl-Smit het saam Merchant Seal begin, ‘n groep wat vir bykans 8 jaar in die Weskaap saam bedien het.  Helmut Meijer, waarmee Neil baie van sy albums vervaardig het, was ook deel van Merchant Seal. (Interesant dat Merchant Records gestig was deur Neil & Nellis toe hul eerste Merchant Seal album vrygestel moes word en vandag lewe Merchant Records se erfenis voort in Merchant Musiek)

 

Vandag sall jy die Büchner-gesin in die klein Bolandse dorpie Wellington, vind.  Neil is getroud met  Lettie en hulle het 3 kinders, Neil-Willem, Rosie en Schoeman.  Hy is ‘n “Mnr Dominees” in die ware sin van die woord en spot altyd dat sy melktert resepte die beste is en dat die vrouediens onder sy hand goed doen daar in Wellington Moedergemeente waar sy vrou ‘n dominee is.  Neil is egter ’n aanbidder in murg en been en bêre baie vinnig die melktert resepte om op Sondae die gemeente in lof en aanbidding te lei.

 

Deur die week werk hy as handelsmerksbestuurder by Bosman Familie Wingerde en Lelienfontein Wingerdkwekers. Hy het nog altyd n groot waardering vir lekker lag, goeie kos, goeie koffie en goeie wyn gehad en hierdie industrie gee vir hom ‘n wonderlike geleentheid om in verhouding te stann met baie mense wat mens nie noodwendig in die kerk sou sien nie.  Die plaas waar hy werk is ‘n “Fairtrade” plaas en dit het ook ‘n nuwe liefde vir gemeenskapsbetrokkenheid by hom wakker gemaak.

 

Neil was in 2013 benoem vir ‘n SAMA vir die In Verwondering projek waaraan hy deel gehad het en het sy eerste solo album, Element, was ook benoem vir 4 ATKV Lier toekennings in 2006.

 

Neil is tans ook op konsultasie basis betrokke by Flam en kon sy bemarkings- en nuwe produk ontwikkelings-brein lekker inspan om Flam in 2007 te herposisioneer.  Flam bestaan om gemeentes se musiekspanne toe te rus om hul gemeentes te begelei in lof & aanbidding.

 

Van Neil se musiek beskikbaar op die volgende albums:

MERCHANT SEAL – And how else can it be

MERCHANT SEAL – Child

MERCHANT SEAL – Pilgrimage

NEIL BUCHNER – Element

FLAM – Fluister

FLAM – Fluistering

BY DIE KRUIS – - verskeie kunstenaars

TURN TO GOD – verskeie kunstenaars

IN VERWONDERING – Louis Brittz/ Retief Burger/ Helmut Meijer/ Neil Büchner

 

Vir besprekings, kontak neil.buchner@gmail.com

 

Album Link:

neil cd