prof“Sonskyndal is ‘n vriendelike dorpie waar blomme blom, die kraaie gaap en muskiete werklik mis-skiet! Dis hier waar Prof Ernst Ontplof in ‘n ou rooidak-skoenfabriek sy kontrepsies en uitvindings bou en toets. Dis in hierdie gebou waar Ham Burger, die ystervark, woon. Hy staan Prof Ontplof deur dik en dun – of eerder deur plof en stil – by.  Dis hier in die eikeboom op die hoek, langs die goudgeel pophuis, waar Kiekie Magrietjie le Roux sit en droom. Dis hier waar die avonture begin…Ons wag nog net vir jou!”

So word kinders gegroet, kompleet met oulike byklanke aan die begin van elke storie op die splinternuwe kinderstorie-CD, Die avonture van Prof Ontplof. Wat dit nog meer opwindend en uniek maak, is dat die Afrikaanse legendes, Riaan Cruywagen (Prof Ontplof) en Verna Vels (Ham Burger), talente saamgesnoer het op hierdie produk! Inè Reynierse, die skrywer van hierdie oulike stories, is ook die stem van Kiekie Magrietjie le Roux – die agtjarige dogtertjie wat hou van avonture waar sy mense kan help en foto’s kan neem.

Die avonture van Prof Ontplof is spesiaal geskryf om ons jongspan op wonderlike avonture mee te voer; om hulle te laat lag, hulle verbeelding te stumileer en hulle bloot te stel aan lewenslesse en Christelike waardes…Dit is gemik op kinders van vier tot nege jaar oud, maar dit luister so lekker, ons is seker kinders van alle ouderdomme gaan dit net so baie geniet! Elke volume bestaan uit vier stories van  12-15 minute elk. Soos uit die stories se name afgelei kan word (bv. Die Sheep – P – S Avontuur en Die Vergeet-Komeet Avontuur) was die skryfproses uiters kreatief en is die stories baie slim saamgestel. Ons is vas oortuig dat hierdie produk ‘n nuwe era en kwaliteit van kinderstories inlui!

Ietsie oor die persone agter die karakterstemme:

 

profkolfProf Ontplof: Riaan Cruywagen is die langsdienendste TV-nuusleser in SA. In 2013 vier hy 48 jaar in die uitsaaiwese. Op 26 November 2012 het hy onder groot openbare belangstelling as TV-nuusaanbieder by die SAUK uitgetree. Sy uittrede was van korte duur, want op 1 Februarie 2013 het hy as een van die ankeraanbieders by kykNET se ontbytprogram Dagbreek aangesluit. Hy was ook destyds die stem van Haas Das, een van Suid Afrika se suksesvolste kinderproduksies.

 

 

 

 

 

kiekieHam Burger: Verna Vels het vir 39 jaar, tot haar aftrede in 1993, in radio en televisie gewerk. Programme soos “Kraaines” en “Wielie-Walie”  het onder haar leiding  ontstaan en vir al die jare van sy bestaan, was Verna die stem van Wielie-Walie se Bennie Boekwurm. Liewe Heksie (ook die bekende stem van Verna) het in 1978 haar debuut op televisie gemaak en ‘n verdere reeks is in 1981 vervaardig. Sedert 2001 is sy ook betrokke by die gewilde  7de Laan as toesighoudende regisseur.

 

 

 

 

 

 

last picKiekie Magrietjie le Roux: Inè Reynierse is ‘n regisseur, skrywer en stemkunstenaar. Sy het verskeie plaaslike en internasionale verhoog- en mediaproduksies behartig en was destyds ook die dryfveer agter C-Kruis Kidz Musiekproduksies. Sy het ‘n groot liefde vir kinderteater en is passievol oor kwaliteit produkte waarbinne kinders en gesinne gesonde waardes speel-speel saam kan leer.

 

 

 

 

 Album Link:

pro