hvertiaal…Oor die nuwe album “ Stil”
Vars, totaal uniek, betekenisvol en verrassend! Dit is wat jy kan verwag van Vertikaal se nuwe album “Stil” wat uitgereik is in 2008. “Stil” is ‘n produk wat jou aan niks anders op die SA Christen kontemporêre mark gaan herinner nie. Die aanslag is anders as Vertikaal se eerste album “Uit Dieptes”, maar verseker is die onmisbare akoestiese styl steeds daar om Vertikaal se aanhangers tevrede te stel. Bykomende instrumente op hierdie album gee aan die musiek ‘n nuwe volheid. Van die poëtiese “Beautiful Sky” tot die energieke “Om U te Ken”, spreek die nuwe album van Vertikaal se unieke verskeidenheid van skryfstyle en aanslagte. Met nuwe Afrikaanse lof-en aanbiddingsmusiek vir gemeentes, sowel as inspirende musiek om te luister in jou CD speler, kan jy nie verkeerd gaan met “Stil” nie. ”Stil” het in 2009 ATKV Lier toekennings gewen asook ‘n gesogte SAMA vir die Beste Afr Gospel album.

…Oor die groep VERTIKAAL
Vertikaal ontstaan aanvanklik vanuit die NG Gemeente Lynnwood in Pretoria se aanddiens musiekbegeleidingsgroep. Die eerste album “Uit Dieptes” is die produk van ‘n paar maande se eie werk in die gemeente se klankateljee. Die album (aanvanklik bedoel vir die gemeente) wek wyer belangstelling en verower drie nominasies by die 2006 ATKV Lier Toekennings. Die album word genomineer vir beste debuut album en album van die jaar. Een van die snitte, “U’s my Vader”, word genomineer as beste nuwe komposisie van die jaar.
Vertikaal het na die album se verskyning redelik opgetree en uiteindelik by die punt gekom waar hulle moes besluit wat die toekoms inhou. Die sprake van ‘n nuwe album en belangstelling vanaf Merchant Musiek het die wiele aan die rol gesit vir ‘n tweede, volle album bestaande net uit Vertikaal se eie komposisies. Die proses het aan die einde van 2007 begin en in April 2008 die
finale produk opgelewer. Die musikale regie van Gideon Botes en Louis Brittz het ‘n groot bydrae gelewer om Vertikaal te vestig in die mark as totaal uniek.

… Oor die lede van VERTIKAAL
Vertikaal speel dikwels met ‘n volle orkes maar bestaan uit die volgende kern lede:

Jattie de Beer (frontman en akoestiese kitaar)
Jattie (Jan-Adriaan) de Beer is gebore op 19 September 1983 in Pretoria, waar hy by die Afrikaanse Hoër Seunskool gematrikuleer het en ‘n Meestersgraad in Bedryfsielkunde/Menslike Hulpbron Bestuur by Tuks verwerf het. Hy het in verskeie hoog aangeskrewe kore gesing en klavier en kitaar op klassieke aanslag bestudeer in hierdie tyd.

Hy het sy nuwe lewe ontdek teen die einde van sy hoërskool loopbaan, ’n verandering waarvan musiek groot deel gehad het. Dit het as inspirasie gedien om sy musiek talent primêr te gebruik vir dit wat saakmaak. Hy is ‘n bewese skrywer (en skryf ook liedjies vir ander SA kunstenaars soos Louis Brittz, Izak Davel, Dans Dans Lisa etc) en die musikale brein agter meeste van Vertikaal se verwerkings en musiek. Deur die dag werk hy as ‘n konsultant in Bedryfsielkunde en Organisasie ontwikkeling. Hy woon in Centurion saam met sy vrou Ilse.

Leon Gropp (vocals & akoestiese kitaar)
Leon Gropp is voltyds musikant. Hy het ook op skool presteer op musikale vlak en later ook gesing in die Tuks Camerata. Leon was deel van verskeie musiekprojekte en het onder andere na sy studies vir ‘n tyd lank in Hi-5 gesing. Leon het ‘n sterk klassieke en akoestiese kitaar agtergrond.

Tans woon hy in Pretoria en speel voltyds saam in die Spaanse kitaar duo “CH2”. Leon het sy honneurs in Statistiek voltooi aan TUKS. Leon en sy verloofde, Martelize, sal in 2013 in die huwelik tree.

Johannes du Toit (elektriese kitaar)
Johannes het begin met musiek op 16 en is sedertdien gefasineer met kitaar-speel. Hy was die afgelope paar jaar in verskeie bands en musiek projekte in en om Pretoria betrokke. In 2007 het hy ‘n semester kursus by Musicians Institute in Hollywood, Los Angeles voltooi. Kort nadat hy terug gekeer het na Suid Afrika het sy paaie met Vertikaal gekruis, en hy vervul nou die Elektriese Kitaar rol in Vertikaal. Johannes was ook betrokke by die volgende projekte: Doxa Deo – Original Heartbeat; Doxa Deo – Brooklyn Campus Band; The David Project; Operation Mobilization; Nouveau; Die Brandpunt CD vir die Ligpunt gemeente in Schweizer-Renecke; en Cross Clipped.

Johannes het ook sy B.Eng graad in Rekenaar Ingenieurwese voltooi en werk gedurende die dag as ‘n ingenieur in Midrand. Johannes woon saam met sy vrou, Lize, in Centurion.

Philip du Toit (bas kitaar)
Philip is al van vroeg af in sy lewe besig met musiek, maar het eers in 2005 die baskitaar ontdek. Nadat hy vir lank keyboard gespeel het by NG Pierre van Ryneveld en toe by Doxa Deo Brooklyn Kampus, het hy by laasgenoemde baskitaar begin speel. Hy was ook betrokke by ‘n paar uitreike, aanbiddingsfeeste en allerlei ander musiek optredes (soos Nouveau en ‘n paar cover-gigs).

In 2009 het hy by Vertikaal aangesluit as basspeler, eers tydelik en toe later permanent.  Deur die dag is hy ‘n argitek en woon hy saam met sy vrou, Maxine, in Pretoria.

…Waarmee is Vertikaal besig?
Vertikaal tree op by gemeentes en ander plekke. Vertikaal het ‘n SAMA gewen met “Stil” vir Beste Afrikaanse Gospel en stof so die BALA Broers, Louis Brittz en andere uit. Hou hulle dop, ‘n nuwe album wink in 2013.

 

 

Album Link:

vert